Farmers from Across the Globe Unite in Stellenbosch for the G20 Farmers Dialogue
Share

17 September 2025: The Southern Africa Agricultural Initiative (Saai) hosted the G20 Farmers Dialogue at the Faculty of Agricultural Sciences, Stellenbosch University, bringing together farmer leaders from across the G20 and beyond. The two-hour hybrid event attracted both in-person delegates and digital participants from Europe, North America, Asia, and Africa, ensuring that the authentic voice of farmers was represented in global policy debates.

dr Theo de Jager Saai, Prof. Peer Ederer and Luigi Scordamaglia of Coldiretti (Italy)

The Dialogue focused on four central themes: family farming; digitalisation, innovation, and AI; livestock and proteins; and trade and food security. The contributions will form the basis of a farmers’ declaration to be tabled at the G20 Heads of State Summit in Johannesburg in November 2025.

Farmers’ voices from around the world

Opening the session, Ettore Prandini, President of Coldiretti (Italy), emphasised the global significance of family farming, “Family farmers are the pillars of agriculture globally. They produce most of the world’s food, safeguard biodiversity, and sustain rural communities. Without family farmers, there is no food security, no food sovereignty, no peace.”

From the United States, Rob Larew, President of the National Farmers Union (NFU), warned against the growing power of monopolies, “Too often there are too few corporate monopolies that put the independence of family farmers at a big disadvantage. Governments must decide either adopt policies that support independent farmers or accept responsibility for eroding food security and sovereignty.”

Speaking from Canada, Keith Currie, President of the Canadian Federation of Agriculture, highlighted the importance of protecting farmers in the digital era, “Technology is already here, and farmers want to embrace it. But we need governments to ensure transparency and integrity so that farmers’ data is not misused and their independence is safeguarded.”

Representing South Africa, Bennie van Zyl of TLU-SA stressed the local and global value of family farms, “Family farming is the backbone of our rural communities and an indispensable link to global food security. Protecting family farms is not just a local matter – it is a global investment in stability, food security, and sustainability.”

AJ Mthembu, President of Afasa (South Africa), reinforced the importance of indigenous knowledge and resilience, “Family farmers form the basis of food sovereignty. If we lose them, we risk food insecurity on a global scale. Technology must serve to strengthen, not replace, the foundation of family farming.”

Bennie van Zyl TLU SA, Oliver Flake USA embassy

Pressures on livestock and proteins

The Dialogue also tackled the future of livestock and animal proteins. Prof. Peer Ederer, Chairman of the WFO Scientific Council, cautioned against misguided policy trends, “Several prominent governments are actively reducing food production and limiting exports of animal-sourced foods, even while the world needs more of it. This is ideology, not science. Animal source foods are nourishing, not dangerous, and livestock farming done right preserves ecological balance.”

Luigi Scordamaglia of Coldiretti (Italy) warned against the corporate capture of alternative proteins, “Lab-grown meat is the opposite of family farming, it concentrates power in the hands of a few multinationals. We must defend transparency in labelling and protect real farmers’ livelihoods.”

AJ Mthembu Afasa

Digitalisation and trade

Discussions also covered digitalisation and artificial intelligence. Farmers shared both opportunities and risks:

Prof. Ederer spoke of the power of “engineering trust” through big data to restructure financing and value chains. Delegates from Italy shared how small-scale farms integrated into shared data models to create Europe’s highest added value in agriculture.

On trade and markets, Carmelo Troccoli, Director of the World Farmers Market Coalition, called for stronger local food systems, “It is paradoxical that rural areas where food is produced are often the same areas where food insecurity is highest. Farmers must not only produce – they must also have the right to sell directly and sustain their communities.”

A united message

Across diverse perspectives, a common theme emerged: the urgent need to protect the independence, profitability, and sustainability of family farmers in a rapidly changing global environment.

Dr Theo de Jager, Chairman of Saai, concluded,  “Today farmers from all over the world spoke with one voice. In a global food system under pressure from corporatisation, shifting trade regimes, and alternative proteins, family farmers remain the cornerstone of food security and rural life. This Dialogue ensures that the authentic voice of farmers will be heard at the G20 Summit.”


Boere van regoor die wêreld verenig in Stellenbosch vir die G20 Boeredialoog

September 2025: Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) het die G20 Boeredialoog op 17 September 2025 aangebied by die Fakulteit Landbou- en Bosbou-Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch. Die twee-uur lange hibriede geleentheid het beide plaaslike afgevaardigdes en digitale deelnemers van Europa, Noord-Amerika, Asië en Afrika byeengebring, om te verseker dat die egte stem van boere verteenwoordig word in wêreldwye beleidsdebatte. 

Die dialoog het op vier kern temas gefokus: familieboerdery; digitalisering, innovasie en Kunsmatige Intelligensie; vee en proteïene; en handel en voedselsekerheid. Die insette sal die basis vorm van ’n boere-verklaring wat by die G20 Staatshoofberaad in Johannesburg in November 2025 voorgelê word. 

Boere se stemme van regoor die wêreld 

By die opening het Ettore Prandini, President van Coldiretti (Italië), die wêreldwye betekenis van familieboerdery beklemtoon, “Familieboere is die pilare van landbou wêreldwyd. Hulle produseer die meeste van die wêreld se kos, beskerm biodiversiteit en onderhou landelike gemeenskappe. Sonder familieboere is daar geen voedselsekerheid, geen voedselsoewereiniteit en geen vrede nie.” 

Uit die Verenigde State het Rob Larew, President van die National Farmers Union (NFU), gewaarsku teen die groeiende mag van monopolieë, “Te dikwels is daar te min korporatiewe monopolieë wat die onafhanklikheid van familieboere in ’n groot nadeel plaas. Regerings moet besluit: óf aanvaar beleide wat onafhanklike boere ondersteun, óf aanvaar verantwoordelikheid vir die uitkalwing van voedselsekerheid en -soewereiniteit.” 

Uit Kanada het Keith Currie, President van die Canadian Federation of Agriculture, die belangrikheid van beskerming in die digitale era uitgelig, “Tegnologie is reeds hier, en boere wil dit benut. Maar ons het regerings nodig om deursigtigheid en integriteit te verseker sodat boere se data nie misbruik word nie en hul onafhanklikheid beskerm bly.” 

Uit Suid-Afrika het Bennie van Zyl van TLU-SA die plaaslike én globale waarde van familieboerdery beklemtoon, “Familieboerdery is die ruggraat van ons landelike gemeenskappe en ’n onmisbare skakel tot wêreldwye voedselsekerheid. Om familieboerdery te beskerm is nie net ’n plaaslike saak nie – dit is ’n wêreldwye belegging in stabiliteit, voedselsekerheid en volhoubaarheid.” 

AJ Mthembu, President van Afasa (Suid-Afrika), het die belang van inheemse kennis en veerkragtigheid onderstreep, “Familieboere lê die grondslag vir voedselsoewereiniteit. As ons hulle verloor, loop ons die risiko van wêreldwye voedselsekerheid. Tegnologie moet gebruik word om hierdie fondament te versterk, nie te vervang nie.” 

Druk op vee en proteïene 

Die dialoog het ook die toekoms van vee en dierlike proteïene aangespreek. Prof. Peer Ederer, Voorsitter van die WFO se Wetenskaplike Raad, het gewaarsku teen misleide beleidsrigtings, “Verskeie prominente regerings verminder aktief hul voedselproduksie en beperk uitvoere van dierlike proteïene – selfs terwyl die wêreld dit meer as ooit nodig het. Dit is ideologie, nie wetenskap nie. Dierlike voedsel is voedsaam, nie gevaarlik nie, en volhoubare veeboerdery beskerm die ekologiese balans.” 

Luigi Scordamaglia van Coldiretti (Italië) het gewaarsku teen die monopolisering van alternatiewe proteïene, “Laboratorium-vleis is die teenoorgestelde van familieboerdery – dit konsentreer mag in die hande van ’n paar multinasionale maatskappye. Ons moet deursigtigheid in etikettering verdedig en die werklike boer se bestaan beskerm.” 

Digitalisering en handel 

Gesprekke het ook gefokus op digitalisering en kunsmatige intelligensie. 

Prof. Ederer het die rol van “vertroue-ingenieurswese” deur groot data bespreek as ’n middel om finansiering en waardekettings te herstruktureer. Afgevaardigdes uit Italië het hul model gedeel waar klein boere geïntegreer word in gedeelde datastelsels, wat Europa se hoogste landbou-waardetoevoeging skep. 

Oor handel en markte het Carmelo Troccoli, Direkteur van die Wêreldboeremark-koalisie, gepleit vir sterker plaaslike voedselsisteme, “Dit is paradoksaal dat landelike gebiede waar kos geproduseer word, dikwels dieselfde plekke is waar voedselsekerheid die swakste is. Boere moet nie net produseer nie – hulle moet ook die reg hê om direk te verkoop en hul gemeenskappe te onderhou.” 

’n Verenigde boodskap 

Ten spyte van verskillende perspektiewe het ’n gemeenskaplike tema duidelik na vore gekom: die dringende behoefte om die onafhanklikheid, winsgewendheid en volhoubaarheid van familieboere in ’n vinnig veranderende wêreld te beskerm. 

Dr. Theo de Jager, Voorsitter van Saai, het afgesluit, “Vandag het boere van regoor die wêreld met een stem gepraat. In ’n globale voedselsisteem onder druk van verkorporatisering, veranderende handelsomgewings en alternatiewe proteïene, bly familieboere die hoeksteen van voedselsekerheid en landelike lewe. Hierdie dialoog verseker dat die egte stem van boere gehoor sal word by die G20-beraad.”